Oranje Preprimêr Banner

Leeuklas by Oranje Preprimêr

Header Shadow
Toe die Liewe Vader kinders geskep het, het Hy dit goed gedink om hul te seën met ywer, nuuskierigheid en wonder.

As juffrou, is dit 'n groot voorreg om die kindertjies te lei in die proses van ontdekking; die verkenning van die opwindende wêreld rondom hul.
Ek is toegerus met 'n onderwysgraad (B.Prim.Ed) by die Universiteit van die Vrystaat en doen tans Honneurs in Ondersteuningsonderwys. Ek is ook opgelei om skoolgereedheidstoetse af te neem.

By die skool geniet ons dit om saam vuil te word, te sing en die God te ontdek wat alles gemaak het. Ons leer om te deel, beurte te neem en vir mekaar lief te wees soos Jesus ons leer.

"Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die Koninkryk van God is juis vir mense soos hulle." Lukas 18:16b


Juffrou: Mev. Lelita Venter
Assistent: Mej. Lanèl Pietersen
Hulpdame: Mev. Gladys Koloti
 

Klassies


Klik gerus op hierdie skakels vir meer inligting.

Leeus   Sebra   Kameelperde   Apies
Tuisblad    |    Uit die Hoof se Kantoor    |    Klassies    |    Huishoudelike reëls    |    Fotogallery    |    Buitemuurs    |    Kontak Ons    |    Poseend    |    Site Map

Maintained by Andrew Jusjong
Copyright © 2017. All rights reserved.