Oranje Preprimêr Banner

Kameelperdeklas by Oranje Preprimêr

Header Shadow
Ek behaal my onderwysdiploma aan die Onderwyskollege in Oudtshoorn. My H.O.D. Preprimêr word aan die Universiteit van Pretoria behaal. Ek het reeds 26 jaar ondervinding om met klein mensies in die Grondslagfase te werk. Ek is gekwalifiseer om Skoolgereedheid-, Leergereedheid- en ASB-kursusse af te neem.

'n Kind is 'n kosbare en spesiale geskenk van God. My doel en visie is om elke kleuter in my klas tot die beste van my vermoë te onderrig, om elkeen te respekteer, lief te hê en te waardeer vir sy/haar uniekheid. Ek glo dat elke kind 'n gelyke en regverdige kans gebied moet word om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel en om 'n positiewe uitkyk op die lewe te hê.

Die beste voorbereiding wat ek aan u kleuter kan gee, is liefde en aanvaarding. Die fondament wat so gelê word, is nie net voorbereiding vir die skool nie, maar ook vir die lewe. Dis nie net my doel en visie nie, maar ook my voorreg.

Wat 'n wonderlike voorreg is dit nie om deel te wees van Oranje met haar ryke geskiedenis en uitsonderlike tradisies nie.


Onderwyseres: Mev. Edna Hefer
Toesighulp: Mev. Sandra Els
Hulpdame: Mev. Johanna Thys
 

Klassies


Klik gerus op hierdie skakels vir meer inligting.

Leeus   Sebra   Kameelperde   Apies
Header Shadow
Tuisblad    |    Uit die Hoof se Kantoor    |    Klassies    |    Huishoudelike reëls    |    Fotogallery    |    Buitemuurs    |    Kontak Ons    |    Poseend    |    Site Map

Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2011. All rights reserved.