Tuis Wie is Ons? Geskiedenis Akademie Kultuur Sport Galery Koshuis Eendjienuus Kontak Ons Gasteboek
Oranje word uit die stryd en armoede van die Afrikanervolk na die Anglo-Boereoorlog gebore. Pres. M.T. Steyn het die volgende in gedagte gehad met die stigting van die skool.

"Gee aan die vrou godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos 'n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, 'n heldin word."




Die skool is vernoem na die Huis van Oranje in Nederland, aangesien die jong koningin Wilhelmina 'n ruim bydrae tot die stigting van ons skool gemaak het.

Behalwe geld, is silwer en porselein gestuur om hierdie skool in te rig - vandag te sien in die Rachel Steyn-saal.




President Marthinus Theunis Steyn, stigter van Oranje in 1907, en sy vrou het hul familiewapen aan die skool oorhandig. Dit is oorspronklik afkomstig uit Haarlem.




Daar is drie eenjies op ons wapen. 'n Eend kan net vorentoe stap en nooit agteruit, simbolies dus vir ons leuse: VOORUIT
     
 
Son Man Din Won Don Vry Sat
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031

Die visie van C&N Primêre Meisieskool Oranje is om elke dogter met liefde en regte waardes en norme te ontwikkel as 'n selfstandige, bekwame jong vrou wat in staat is om gelukkige, vervulde lewens te lei, sodat hulle 'n besondere bydrae kan maak - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wye wêreld.

C&N Primêre Meisieskool Oranje is verbind tot uitmuntende rigtinggewende opvoeding op akademiese-, sport- en kultuurgebied, sodat die leerlinge 'n onmisbare bydrae met kennis, vaardighede en die sensitiwiteit van 'n Christelike benadering tot die lewe kan maak.
Tuis    |    Wie is Ons?    |    Geskiedenis    |    Akademie    |    Kultuur    |    Sport    |    Galery    |    Koshuis    |    Kontak Ons    |    Gasteboek    |    Site Map

Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2010. All rights reserved.