Die koshuis is tuiste vir menigte meisies. Die gebou het in die Anglo-Boereoolog gedien as hospitaal. Die koshuis is vernoem na Elizabeth Eybers se moeder wat 'n skoolhoof hier was.
Die koshuis huisves leerders van Gr. 3-8. Die koshuis word vakansies verhuur, want dit verskaf bekostigbare konferensie en verblyf geriewe.
Klokke, reëls, vaste onverbreekbare studietye! Jig!
Gedeelde badkamers, geen klein gekoesterde pêrel van eie ruimte nie, alewige sportbyeenkomste - want koshuiskinders is mos altyd byderhand! Dit suig!
'n Huismoeder wat omgee, 'n kamermaat, kattekwaad in 'n kits, kameraadskap, vriendskap lewenslank.
Koshuislewe? My LEWE! (Anoniem)
|
|
Die visie van C&N Primêre Meisieskool Oranje is om elke dogter met liefde en regte waardes en norme te ontwikkel as 'n
selfstandige, bekwame jong vrou wat in staat is om gelukkige, vervulde lewens te lei, sodat hulle 'n besondere bydrae
kan maak - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wye wêreld.
C&N Primêre Meisieskool Oranje is verbind tot uitmuntende rigtinggewende opvoeding op akademiese-, sport- en
kultuurgebied, sodat die leerlinge 'n onmisbare bydrae met kennis, vaardighede en die sensitiwiteit van 'n Christelike
benadering tot die lewe kan maak.
|