Hartlik welkom by Oranje Primêr. Ons is 'n trotse skool met 'n trotse tradisie en soos een groot familie waar elke dogter vir ons baie spesiaal is! Dit is die begin van 'n wonderlike fase in jou lewe!
Dit is ons strewe om hier by die primêre skool geleenthede vir ons dogters te skep en te belê in 'n leerruimte waarin hulle veilig voel en met vertoue kan ontwikkel tot hul volle potensiaal.
Soos in Pres. M.T. Steyn, stigter van ons skool, se woorde, gee ons die dogters: godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos 'n rots.
Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, 'n heldin word.
Die nasie neem kennis van die wenners van die skoolkoerantkompetisie vir laerskole in die Volksblad van 20 September 2010.
Ons trots, ons eie, ons koerant!
|
|
Die visie van C&N Primêre Meisieskool Oranje is om elke dogter met liefde en regte waardes en norme te ontwikkel as 'n
selfstandige, bekwame jong vrou wat in staat is om gelukkige, vervulde lewens te lei, sodat hulle 'n besondere bydrae
kan maak - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wye wêreld.
C&N Primêre Meisieskool Oranje is verbind tot uitmuntende rigtinggewende opvoeding op akademiese-, sport- en
kultuurgebied, sodat die leerlinge 'n onmisbare bydrae met kennis, vaardighede en die sensitiwiteit van 'n Christelike
benadering tot die lewe kan maak.
|