Tuis Wie is Ons? Geskiedenis Akademie Kultuur Sport Galery Koshuis Eendjienuus Kontak Ons Gasteboek
Op 11 April 1907 is daar met die eerste klasse op Oranje begin!

Op die eerste skooldag van 'n Graad 1-dogtertjie stap sy deur ons boog en ontvang die skoolied - haar Primêre skoolloopbaan tegemoet.

Een van ons dogters is as model gebruik in die besonderse "kinderbeelde-groep" (vroeër voor die Sondagskoolgebou in die middestad) wat op ons skoolgronde pronk.

In ons Vader Kestell Bybeltuin groei talle plante wat versies uit die Bybel verbind kan word.
(Vader Kestel was een van die vertalers van die Bybel in Afrikaans in 1933.)

Vandag nog word leerders na pouse teruggeroep klas toe deur ons skoolklok wat in die Anglo-Boereoorlog gelui is as 'n soldaat sterf. (E. le Rouxhuis was toe as hospitaal gebruik.)

In 1940 word die "Voortrekkerdogter" wat vas op 'n ruwe ysterklip staan en vorentoe/"Vooruit" (ons leuse) beur teen die wind, op die eiland voor E. le Rouxhuis, onthul. Hierdie was die eerste kinderstandbeeld in Suid-Afrika en geskep deur Laurika Postma. 'n Oud-Oranje.
(Die matrieks groet jaarliks die skool hier by die "Voortrekker-nooientjie" die dag voor die eindeksamen in aanvang neem.)

Tydens die prysuitdeling in Graad 7 jaar, stap elke dogter weer deur die boog, die Primêre skool uit en haar Sekondêre skooljare tegemoet!
     
     
     
     
 
Son Man Din Won Don Vry Sat
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031

Die visie van C&N Primêre Meisieskool Oranje is om elke dogter met liefde en regte waardes en norme te ontwikkel as 'n selfstandige, bekwame jong vrou wat in staat is om gelukkige, vervulde lewens te lei, sodat hulle 'n besondere bydrae kan maak - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wye wêreld.

C&N Primêre Meisieskool Oranje is verbind tot uitmuntende rigtinggewende opvoeding op akademiese-, sport- en kultuurgebied, sodat die leerlinge 'n onmisbare bydrae met kennis, vaardighede en die sensitiwiteit van 'n Christelike benadering tot die lewe kan maak.
Tuis    |    Wie is Ons?    |    Geskiedenis    |    Akademie    |    Kultuur    |    Sport    |    Galery    |    Koshuis    |    Kontak Ons    |    Gasteboek    |    Site Map

Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2010. All rights reserved.