Visuele kuns 

Die graad 8- en 9- leerders word die kans gegun om vertroud te raak met verskillende kunsdissiplines.

Collage, papier mache, skilder, teken en keramiekkuns word ondersoek.

Die graad 8- leerders maak gedurende die derde kwartaal kunswerke  wat aan ons drie hoofdogters geskenk word.

Die Graad 10’s skilder, teken en maak ook keramiekkuns  wat by hulle onderskeie temas inpas. Die graad 11-12-leerders is tans besig om aan hulle praktiese temas te werk. Die tekenklasse wat in die middae gehou word, verseker dat die leerders genoeg tekenervaring opdoen.

Die kunsakademie nooi enige leerder hartlik uit om in die middae aan hul kunstalente te kom skaaf en saam met ons pret te hê !

Vakonderwyser: Mev C. Brown