VCSV
Bybelperiode:
Oranje het deurgaans op ’n Donderdagoggend ’n Bybelperiode waar tydens die hele skool in kringe verdeel en dan ’n les doen wat deur die kringleiers aangebied word. Die kringleiers word weekliks toegerus om die Bybelstudie te lei .
VCSV-aande:
Die VCSV hou weeklikse byeenkomste in die aand, in die vorm van sprekers, groepoptredes, lofprysing en aanbidding, gebedsaande, besoeke van ander skole en uitreike.
Kampe:
- Die jaarlikse OMS-Grey-takkamp vind in Maart plaas.
- Kringleierskamp: Die kringleierskamp waartydens die kringleiers opgelei word vind in Oktober plaas.
Hoogtepunte gedurende die jaar:
- Jeugweek saam met Grey
- Uitreikweek: Verskillende instansies word besoek, fondse word ingesamel en goedere word uitgedeel om nood te verlig
Die VCSV is 120 jaar oud! Om dit te vier het die hele skool saam gebid en dankie gesê dat ons nog vrylik en openlik Hom kan dien.
‘n Gebedsketting is gemaak deur die hele skool op die stoepe voor die klaskamers. Daar is saam gebid vir reën, die eksamen en ons land.
Die VCSV het uitgereik na verskeie instansies.
Mamosa-Kleuterskool:
Arbeidsgenot Primêre Skool:
KOBO-Projek: Komberse is ingesamel en versprei na Lesotho en Torings van Hoop.
Kampe: Kringleidsterkamp by Retiefkampterrein
VCSV-aande