Tennis

 

Nuwe Daagreels

 

0/15 TENNIS NA AHMS

Die 0/15A- en B-spanne het Woensdagoggend 10 uur na Pretoria vertrek vir die tennistoernooi.

Die A-span was:      Gizelle Naude

                                Inge Greyling

                                Marianne du Plessis

                                Bianca Terblanche

                                Kristen Fichardt en

                                Cayline le Grange

 

Die B-span was:      Aleonor van Rijswijk

                                Rone Bressler

                                Cara Raath

                                Katia Geustyn

                                Elani van Pletzen

                                Mine Bosman

                                Janine Moolman

Daar het 7 spanne aan die toernooi deelgeneem nl.     

Afrikaans Hoër Meisies Pretoria

Menlopark

Waterkloof

Nelspruit

Eunice

Oranje wat 2 spanne daar gehad het.

Die uitslae was soos volg:    

A-span wen     Nelspruit         27 – 0

                        Eunice             24 – 3      

                        Oranje B          27 – 0

                        AHMS              27 – 0

                        Menlopark       23 – 5

                        Waterkloof       25 – 0

 

Oranje A het die toernooi gewen.  Baie, baie geluk aan elke speler! Die spelers en PW Holtshauzen kry elkeen ’n klein trofee.

Ons B-span het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en eindig algeheel 6de nadat hulle 5 wedstryde verloor het en 1 teen AHMS gewen het.

 

 

Amanda Coetzer Tennistoernooi

Die 20ste Amanda Coetzer Tennistoernooi is aangebied van 10-13 Mei 2017.  Vir die eerste keer in die geskiedenis van die toernooi was daar ook ’n O/15-afdeling.

Oranje het 2 spanne ingeskryf by die O/15-afdeling, waarvan Marianne du Plessis, Kristen Fichardt, Bianca Terblanche en Cayline le Grange in die A-span was.

Die A-span het in die rondomtalie afgereken met die volgende spanne:

Christine Kruger, Gizelle Naudé, Linge Steenkamp, Marné Dercksen, Inge Greyling, Carmen Fichardt en Gina Moolman

Hoërskool Menlopark                               14-2
Afirkaans Hoër Mesieskool Pretoria       16-0
Hoër Meisieskool Bloemhof                    16-0
Hoërskool Stellenbosch                           16-0
Meisieskool Oranje B                                15-1

Oranje A het sodoende ’n algehele eerste plek en Oranje B ’n algehele vierde plek behaal.

Marianne du Plessis is aangewys as die O/15 se beste nommer 1, Kristen Fichardt as die beste nommer 2 en Cayline le Grange as die beste nommer 4 speler.

Oranje se eerste tennispan kon nie daarin slaag om vanjaar die titel terug te wen nie.  Hulle het egter baie goeie tennis gespeel en het die volgende uitslae behaal.

Wen  Paarl Gim          19-4
Wen Affies                   21-1
Wen Waterkloof          19-4

Semi-finaal:         Wen Menlopark           6-0
Finaal:                 Verloor teen Bloemhof 6-1

Baie geluk aan Marné Dercksen en Christine Kruger wat aangewys is as die beste nr.6 en nr.7 spelers onderskeidelik.

GERRIE BERNER  2016

 

Woensdagmiddag 1 uur het ‘n groep van 7 tennisspelers vol sterre in hulle oë en met ‘n trofee onder die arm mekaar by die Bram Fischer lughawe gekry om die trofee in die Paarl te gaan verdedig.

Die TIEN spanne was in 2 groepe verdeel en Oranje het die volgende wedstryde in hulle groep gespeel.

Donderdagoggend eerste teen Cradock wat Oranje dan 27-0 wen. Daarna teen Pearston wat Oranje 24-3 wen. Die middag was dit teen Girls High Paarl en Oranje wen 26-1

Vrydagoggend het Oranje begin teen Paarl Gimnasium en Oranje wen 25-2. Daarna was dit teen Stellenbosh en Oranje wen 23-4.

Na dié wedstryd het die eerste oorkruiswedstryde begin en ons moes toe teen Eunice speel. Ons wen Eunice toe 4-2 en Saterdag was dit toe die GROOT een. Oranje teen Bloemhof.  Na verbete wedstryde deur ons dogters moes ons ongelukkig die knie buig teen Bloemhof.  Ons het 5-1 verloor teen ‘n span wat op die dag net beter as ons was.

Aan elke dogter wat die toer meegemaak het – baie dankie vir elkeen van julle se aandeel daarin om dit ‘n wonderlike ondervinding te maak.  Julle gedrag op en van die baan was uitsonderlik (soveel so dat vreemdelinge daarvan melding gemaak het).

Vir my as onderwyser en as tennisliefhebber was dit ‘n FEES om saam met julle te kon gaan.  Ek het die voorreg gehad om pragtige tennis te kon sien en om deel te kon wees van ‘n wonderlike groep dogters. 

Gelukkig vir ons lê die Amanda Coetzer en die inter nog voor en dan sal ons vir Bloemhof wys waar Dawid die wortels gegrawe het.

IMG-20160222-WA0000