Tegnologie

Die nuwe Tegnologie-klas

Tegnologie beskik oor ʼn gerieflike, gebruiksvriendelike klaskamer waar al die voorgeskrewe aktiwiteite met gemak gedoen kan wordIMG-20170623-WA0004

Ons maak tekeninge, handsakke, speelgoed, voertuie wat beweeg, houers en vele meer. Wanneer ons moet verf, boor, kap, saag of timmer, kan ons dit op ‘n werkstafel doen wat spesiaal daarvoor gemaak is. Sodoende word die meeste van die aktiwiteite gedurende klastyd gedoen.

Die leerders hou veral van die deel wat handel oor voedselprosessering. Dan word daar kos voorberei, (op ons eie nuwe stowe) tafels gedek of piekniekmandjies gepak en dan natuurlik heerlik gesmul!

‘n Periode in die rekenaartaal bied geleentheid om tekeninge m.b.v. die rekenaar te maak en kan ook gebruik word vir navorsing.

Die “wurm” waarin ons gebruikte koeldrankblikke plaas, help om leerders bewus te maak van rommelstrooiing en herwinning.IMG-20170623-WA0005

‘n Hoogtepunt op die skoolkalender is ʼn mark wat jaarliks deur die gr. 8-leerders aangebied word. Hulle vervaardig produkte en verkoop dit dan op die mark.

Oranje se leerders het die afgelope drie jaar broodsakkieknippies bymekaargemaak en die totale gewig daarvan is ‘n
fantastiese 93,9kg!! Die knippies word deur ‘n plaaslike herwinningsmaatskappy gekoop en ons hoop om met die geld te help om vir iemand ‘n rolstoel te koop.  

  

20161103_092031