Oranje het ’n baie trotse sporttradisie en glo in die beginsel dat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves.  Pres. Steyn, ons stigter, het reeds in 1907 – die stigtingsjaar – ’n netbal-, tennis- en hokkiebaan aangelê.

Die volgende sportsoorte word vandag hier aangebied:

Ons spanne behaal uitstekende uitslae en eindig jaarliks bo aan die verskillende ligas.

Die Meisieskool Oranje beskik oor toegewyde en professionele afrigters en maak ook van goed gekwalifiseerde buite-afrigters gebruik.  Afgesien van die plaaslike ligawedstryde, word daar ’n wye verskeidenheid geleenthede vir deelname regoor die land geskep deur aan verskillende toernooie deel te neem.  Die skool neem ook jaarliks aan ten minste drie interskolebyeenkomste deel, onder andere ons jaarlikse kragmeting teen Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria (in Mei), Collegiate High SchoolforGirls in Port Elizabeth (in Julie) en die Hoër Meisieskool Bloemhof (in Augustus).

Alhoewel ons baie trots is op ons Springbokke en provinsiale spelers en atlete, is die skep van geleenthede vir almal ’n groot prioriteit.  Daarom word deelname sterk aangemoedig.