Die Meisieskool Oranje het 'n baie trotse sport tradisie en glo in die beginsel dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves.

Die volgende wye verskeidenheid sportsoorte word hier aangebied: Ons spanne behaal uitstekende resultate en eindig jaarliks bo aan die verskillende ligas.

Die Meisieskool Oranje beskik oor toegewyde en professionele afrigters en maak ook van goed gekwalifiseerde buite-afrigters gebruik. Afgesien van die plaaslike ligawedstryde, word daar 'n wye verskeidenheid geleenthede vir deelname regoor die land geskep deur aan verskillende toernooie deel te neem. Die skool neem ook jaarliks aan ten minste twee interskole byeenkomste deel, onder andere ons jaarlikse kragmeting teen die Hoër Meisieskool Bloemhof in Augustus.

Alhoewel ons baie trots is op ons Springbokke en provinsiale spelers en atlete, is die skep van geleenthede vir almal 'n groot prioriteit en daarom word deelname sterk aangemoedig.
 
Son Man Din Won Don Vry Sat
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031

Uitnaweek
26-02 Mei
 
Reünie kerkdiens
15 April, 08:00
Ma-en-dogtertee
13 April, 14:00

Die Meisieskool Oranje is 'n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.
   

Inleiding        Akademie        Sport        Kultuur        Nuusbrief        Oranje Reünie        Koshuis        Galery        Gasteboek        Geskiedenis        Kontak Ons        Login        Site Map

Designed & Develped by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2010. All rights reserved.