Hoof:                 Niel Theart
Afrigter:          Susan Nel

Oefentye:

Dinsdae                    14:15 – 15:15
Woensdae                14:30 – 15:30  (Eerste en vierde kwartaal)
Donderdae               14:30 – 15:30

Plek:               Klaskamer 16

By Oranje is skaak in ’n nuwe rat!  Die aanstelling van ’n nuwe afrigter, mej. Susan Nel, gaan hope energie na die skaakbord  bring.  Oranje het ook vanjaar ’n entoesiastiese groep jong spelers wat betrokke geraak het.

Oranje neem aan verskeie oop skaaktoernooie deel om sodoende meer geleenthede te skep.  In die tweede en derde kwartaal speel die spelers elke Woensdagmiddag in die skaakliga wat by Eunice aangebied word.  Interne toernooie word ook gereeld gehou om sodoende die ranglys te bepaal.

Skaak vorm ook deel van ons jaarlikse interskole geleenthede teen Affies (Pretoria), Bloemhof (Stellenbosch) en Collegiate (Port-Elizabeth).

Oranje het gereeld verteenwoordigers in die Vrystaat Skaakspan.

Enige belangstellendes is welkom om deel te vorm van hierdie interessante sportsoort.