Oranje Reunie

Die Meisieskool Oranje is ‘n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.
Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseerde, professionele opvoedkundiges met ‘n passie vir hulle werk en ‘n filosofie van “elke kind is my kind”.Die Meisieskool Oranje handhaaf ‘n slim balans tussen werk en speel.Die gehalte van ons buitemuurse aktiwiteite soos sport en kultuur, is net so hoog soos ons akademiese gehalte.Hier is die leerders eenders in geloof en visie om Oranje te dien en om pret te hê.Die leerders is ook anders, want elkeen is uniek, kosbaar en ‘n besondere kleinood!