Natuurwetenskap

Baie mense wou nog altyd verstaan hoe die wêreld werk.  Ons gebruik Natuurwetenskap om die dinge wat om ons gebeur, te ondersoek.  Natuurwetenskap is dus ’n stelselmatige manier om na antwoorde te soek vir dit wat ons om ons waarneem.  Ons kan dan ’n verband vorm tussen al hierdie idees wat ons oor ’n onderwerp of verskynsel versamel het, om dit dan beter te verstaan.

Natuurwetenskap in die Senior Fase bestaan uit vier kennisafdelings:

  • Lewe en lewende dinge
  • Materie en materiale
  • Energie en verandering
  • Planeet Aarde en die ruimte

Die onderstaande diagram toon dat die verskillende kennisafdelings aangewend kan word as inleiding tot vakke wat in Graad 10 – 12 geneem kan word.