IMG_5470Matriek Uitslae

Oranje het weereens briljant gevaar tydens die matriekeindeksamen.

Oranje word vir die tweede agter een volgende jaar as een van die top 5 wiskunde skole in die Vrystaat aangewys en ontvang R100 000 vir die prestasie. Beide wiskunde en wiskundige geletterdheid behaal ‘n 100% slaagsyfer. Vyftien leerders behaal ‘n onderskeiding in wiskunde en elf in wiskundige geletterdheid.