Lewenswetenskap
Jaarliks word daar in September ‘n kamp vir gr.10-leerders in Lewenswetenskap by die Soetdoring-reservaat gehou.
Die volgende aktiwiteite word aangebied:
- Ekologie en simbiose
- Voedselkettings en voedselwebbe
- Hoe pas ek in my omgewing aan?
- Ondersoek van ’n varswaterhabitat
- Wilde diere en hulle gedrag
- Studie van inheemse plante vir ’n herbarium
- Graslandstudie
- Terrestriële habitat
- Flitsligavontuur
- Dravermoë, natuurlike seleksie en dataverwerking