Koshuis

Wat is ʼn skool sonder ʼn koshuis? Baie vervelig, alleen en ʼn lewe sonder enige opwinding!

Van regoor Suid-Afrika en selfs uit ander plekke in Afrika kom kinders elke kwartaal bymekaar in ʼn GROOT huis, die koshuis! Vir ʼn kwartaal lank is dit die koshuiskinders se tuiste.

Die koshuiskinders is eintlik ʼn groot familie en daar kan duidelik onderskeid getref word tussen die stadsjapies en die koshuisbrakke. ʼn Baie hegte band vorm tussen die koshuiskinders en goeie vriendskapsbande word gesnoer.

Alles word deur die koshuispersoneel gedoen om die koshuis vir die kinders so lekker as moontlik te maak. Uitstekende geriewe is beskikbaar met goeie kamers en baie lekker kos.

Koshuiskinders woon altyd al die funksies van die skool by en is baie entoesiasties en geesdriftig oor die lewe! Daar word ook erns gemaak met die dissipline van die dogters en studietye word ernstig opgeneem.

Die koshuislewe op Oranje is nie net ‘n fees nie, maar ʼn goeie leerskool vir die toekoms! Die koshuis is die hartklop van Oranje!

 VRL koshuis 2018

Arnice Poetgieter

Bea Gouws

Marli Rautenbach

Ankia Greyling

Annalou Engels

Janda Bornman ( Hoofmeisie)

Jana Ferreira

Andrea Bonnet

Anika Bredenkamp

Shani van Rooyen

Franciscé Crouse

Elzé Koegelenberg

Esther Prinsloo

Christelle Bekker

Ané Gutter

Marguerite Smiyh

Wil-Lise Pretorius

Himke Steenkamp

 

Voorwaardes vir Toelating

  • Die vasgestelde losiesgeld moet aan die begin van elke kwartaal VOORUIT betaal word.
  • Ouers en inwoners moet hulle aan alle voorskrifte, reëls en regulasies van die koshuis onderwerp.
  • Ouers moet die Koshuisouers sonder versuim in kennis stel van verandering van hulle adres.

Koshuis

 


Laai asb die PDF dokument af, voltooi dit en stuur dit terug na:

Koshuistoelatingsvorm

Koshuistoelatingsvorm vir eerste twee weke

 

C & N Sekondêre Meisieskool Oranje
Posbus 29335
Danhof
9310

Harry Smithstraat 3
Bloemfontein
9301

TEL: 051 – 447 4681
FAKS: 051 – 447 3083

E-POS:admin@oranjemeisies.co.za