Koor

Die koor bestaan hierdie jaar uit 95 dogters en staan onder leiding van Mnr. Stefan Buys en Mev. Brigitte Botha wat as begeleier en organiseerder optree.

Aktiwiteite, Optredes en uitslae:

  • Koorkamp: Die kamp vind plaas in die laaste week van Januarie by Amanzi naby Brandfort

 

  • Kunswedstryd: Die koor presteer uitsonderlik op die Kunswedstryd deur 3 A ++ simbole te verwerf.

 

  • Affies Inter: Die koor tree op tydens die kultuuraand wat hierdie jaar vir die eerste keer plaasvind tussen Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria en Oranje. Die koor sing uitstekend en ontvang ‘n staande ovasie.

 

  • ATKV Applous: Die koor neem nie die jaar deel aan Applous nie, maar organiseer wel die streekfees as fondsinsameling.

 

  • Cantamus Koorfees: Hierdie fees vind in George plaas. Die koor behaal ‘n derde plek tydens hierdie kompetisie. Verder word uitstappies onderneem na ‘n volstruisplaas en die Kango grotte.

 

  • KOORsig: Oranje bied hierdie jaar met groot sukses ‘n kooraand Koorsig in die Odeion aan.  Kore wat deelneem is die kore van Oranje, Eunice en Bloemhof, Alumni Voices en Take Note.  

Oranje kyk terug op ‘n werklik besonderse koorjaar en beloof om in 2017 voort te bou op 2016 se sukses!