Die Meisieskool Oranje is 'n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.

Ps 16:6 – "Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi"

Oranje is...
Oranje is nie net 'n skool nie. Sy's nie net nog 'n instelling nie. Oranje is nie net 'n droom nie. Sy's nie net die naam op jou matrieksertifikaat of getuigskrif nie.

Oranje is 'n familie. Sy is 'n droom wat waar geword het. Sy is mense wat jy liefkry en 'n naam wat jy met trots sê. Oranje is legendaries, misterieus en enig in haar soort. Sy het tradisies wat deur die geslagte bewaar word. Oranje het 'n onsterflike passie vir kinders wat vrouens word, wat dames word en as jy hulle kans gee – heldinne word. Ma's van 'n nasie vir die hele Suid-Afrika!

Die leerders is ook anders, want elkeen is uniek, kosbaar en 'n besondere kleinood!




 
Son Man Din Won Don Vry Sat
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
26272829
  • Sangroepe
    Kyk gerus vir die nuwe liedere wat u kan aflaai

  • Spreekure
    Die nuutste spreekure van onderwysers is opgelaai.

  • Beheerliggaamverkiesing
    Vind gedurende maart plaas. Maak asb! seker dat u deel is da...

Boekelyste
sportshop

Vrystaat Swemkampioenskap
Oranje maak skoonskip!
Jolandi Els - Junior Victrix Ludorum
Johané du Plessis – Senior Victrix Ludorum



Mej Oranje
23 Februarie
Dinee
18 Februarie
 
Valentynsontbyt
14 Februarie
Midmarmyl
10-12 Februarie

Die Meisieskool Oranje is 'n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.
   
Welkom by Oranje
Dis 'n vreugde om 2012 binne te gaan! 2011 se matrieks het pragtig gepresteer!Daar is 'n goeie inname van nuwe leerders. Die skoolrol is bykans 700. Die gr. 9's is steeds die grootste klas met sowat 171 leerders.Die handboekverkope het nie oral glad verloop nie. Dit was groeipyne.Die personeel is entoesiasties oor die nuwe jaar! Ons sien met verwagting uit daarna!
Inleiding        Akademie        Sport        Kultuur        Nuusbrief        Oranje Reünie        Koshuis        Galery        Gasteboek        Geskiedenis        Kontak Ons        Login        Site Map

Designed & Develped by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2010. All rights reserved.