Hokkie

 

INLEIDING

Hokkie is by Oranje ’n sportsoort met groot diepte en waarvan die prestasie baie goed is.

ASTRO

Oranje het sedert 2007 ons eie sandbasis-astro.  Aan die einde van 2016 is begin met die oordoen van hierdie eerste astro. Van Februarie 2017 word daar dus op ’n splinternuwe baan gespeel.  Daarna is ook begin met die lê van ’n mini-astro wat teen Julie 2017 afgehandel sal wees. 

Al die spanne van die hoërskool oefen op die astro.  Tans word die O/18A- en O/16A-liga op astro gespeel.  Die O/14A-liga vind gedeeltelik op die astro plaas.  Al die ander spanne se tuiswedstryde vind op die astro plaas.

OORSESE TOER

Twee oorsese toere (2009 en 2013) is na Nederland, Engeland en België onderneem.

ST MARY’S HOCKEY FESTIVAL

Die eerste hokkiespan het vanaf 5-8 April 2017 aan die 18e St Mary’s Festival in Johannesburg deelgeneem.  Hulle vaar baie goed deur die eerste span te word wat die toernooi vir vier jaar agtereenvolgens wen!

In die eerste rondte wat uit vier poele van 8 spanne elk bestaan, wen Oranje ses wedstryde en een eindig gelykop. 

In die tweede rondte waar die vier poele saamsmelt tot twee, wen Oranje aldrie die wedstryde.

Oranje kom in die semifinaal in ’n uiters spannende wedstryd teen die tuisskool, St Mary’s School, te staan.  Na gewone tyd is die telling 1 elk.  Vyf minute ekstra word gespeel, maar die telling bly steeds gelyk.  Na ’n naelbyt eerste uitspeelstryd is die telling steeds gelyk.  Na die sudden death-uitspeelrondte beklink Oranje die wedstryd om deur te dring na die finaal.

In die finaal wen Oranje vir St Anne van Pietermaritzburg 3-1.

Oranje teken tydens die toernooi 30 doele aan, met slegs drie doele teen ons.

Verskeie van ons spelers word na afloop van die toernooi uitgelig.

Simoné Gouws kry die volgende toekennings:

  • Buitengewone speler van die toernooi.
  • Die afrigters se speler van die toernooi.
  • Die beste doelskieter.

Mia Barnard word aangewys as een van drie uitstekende spelers.

 

ELSIE COETZER HOKKIETOERNOOI

Die O/18B, O/16A- en O/14A-hokkiespan het van 8 – 12 April aan die Elsie Coetzer-hokkieskool se toernooi deelgeneem.  Dit het met al drie spanne baie goed gegaan. 

Die 2e span het in die O/18A-afdeling as toernooiwenner uit die stryd getree.  Die span het 8 wedstryde gespeel waarvan hulle 7 gewen en een gelykop gespeel het. Hulle het 20 doele aangeteken en slegs 4 doele is teen hulle aangeteken.

Hulle het in die eindstryd teen die Hoërskool Voortrekker Bethlehem te staan gekom. Die wedstryd het gelykop met 1 elk geëindig, maar aangesien die Tweedes die meeste korthoekies afgedwing het, het hulle die wedstryd en sodoende die toernooi gewen.

Esther Prinsloo, Elmarie van Quickelberge, Daniela Smith en Robyn Allen is gekies vir die o.19-span wat later vanjaar na Nederland en België gaan toer.

Die 0/16A-span speel ook in die O/18A-toernooi.  Hulle het in die eerste rondte twee wedstryde gewen en een gelykop gespeel.  In die tweede rondte het hulle vier wedstryde gewen.

Hulle speel teen Transvalia uit om 3e en 4e posisie waar hulle 0 elk gelykop eindig. Aangesien Oranje meer korthoekies het, tree hulle as die wenner uit die stryd.

Die O/14A-span speel in die O/16A-toernooi.  In die 1e rondte wen hulle twee wedstryde.  Drie wedstryde eindig gelykop.  ’n Opwindende wedstryd teen Oranje se O/13A-span eindig gelykop 1 elk.  In die semifinaal wen hulle Brits 1-0.  In die finaal teen St Anne’s O/16A wen St Anne 1-0. OMS O/14A eindig dus tweede.

ALL GIRLS SCHOOLS’ FESTIVAL

Die eerste hokkiespan het vir die sesde agtereenvolgende jaar die All Girls Schools’ Festival wen.

Hulle het soos volg gevaar:

EERSTE RONDTE

Wen Northlands 5-0

Wen Parktown 11-0

Wen Kingsridge 3-0

Wen Westville 11-0

SEMI

Wen Rhenish Girls High 2-0

FINAAL

Wen Collegiate 3-1

Oranje teken 35 doele aan, met slegs een doel teen ons.  Simoné Gouws is Oranje se topdoelskieter met 11 doele. 

 

FNB PRIVATE WEALTH-SUPER 12-HOKKIETOERNOOI

Die eerste hokkiespan het van 6-8 Augustus 2016 aan die derde FNB Private Wealth Super 12-hokkietoernooi, aangebied deur Oranje, deelgeneem en baie goed gevaar.  Twaalf spanne het deelgeneem.  Sewe van die spanne het ten tyde van die toernooi onder die Top 10 op die SA-ranglys gelê. Dit was dus baie stywe kompetisie.

Hulle eindig onoorwonne na die 1e uitspeelrondte, met die volgende tellings:

Wen:

  • St. Stithians                          3-2
  • Pearson                                 2-0
  • Bloemhof                               7-0
  • Herschel                                3-1
  • Springfield                            5-1

Daarmee dring hulle deur na die semifinaal teen Paarl Gim, wat hulle 1-0 wen

In die finaal kom hulle teen St Mary’s School te staan.  Na ’n reusestryd tree Oranje as oorwinnaars uit die stryd met ’n telling van 2-1. Simoné Gouws het albei doele aangeteken.

Daarmee verower hulle vir die derde agtereenvolgende jaar die FNB Private Wealth Super 12-hokkietrofee.

Oranje teken 22 doele aan, met slegs 5 teen hulle.

Baie geluk aan Simoné Gouws. Syword deur Oranje se span as hulle waardevolste speler aangewys.  Sy is ook in die 2e plek as Speler van die Toernooi.

 

INTERSKOLE

Afrikaans Hoër Meisieskool

Op 5-6 Mei 2017 vind dié interskole plaas.  Uit sestien wedstryde gespeel, word nege gewen en sewe verloor.  Die uitslae is soos volg:

 

O/18A:            Wen 4-1                                  O/18B:            Wen 3-1

O/18C:            Wen 3-0                                  O/18D:            Wen 3-0

O/18E:            Verloor 1-2 tn O/16C              O/18F:            Wen 2-0 tn O/16D

O/18G:            Wen 4-0 tn O/15D

 

O/16A:            Wen 3-1                                 O/16B:            Verloor 0-1 tn O/15A           

O/16C:            Wen 2-1 tn O/16B                O/16D:            Verloor 0-1 tn O/15B           

O/16E:            Verloor 0-1 tn O/15C

 

O/14A:            Wen 3-0                                 O/14B:            Verloor 1-4   

O/14C:            Verloor 0-1 tn O/16F            Beginners:    Verloor 0-2 tn O/14D

 

Collegiate Girls School

Die 2016-interskole se uitslae lyk soos volg:  uit dertien wedstryde gespeel, word agt gewen, drie verloor en twee eindig gelykop. 

Die uitslae is soos volg:

O/18A:            Wen 4-0                                 O/18B:            Wen 5-0

O/18C:            Wen 3-1                                 O/18D:            Wen 7-0

O/16A:            Wen 1-0                                 O/16B:            Verloor 3-2   

O/16C:            Verloor 3-1                            O/16D:            Gelykop 1-1

O/16E:            Wen 4-1

O/14A:            Wen 11-0                               O/14B:            Wen 1-0

O/14C:            Verloor 2-0                            Beginners:    Gelykop 1 elk

 

Bloemhof

Tydens Augustus 2016 se interskole vaar die hokkiespanne baie goed teen Bloemhof in Bloemfontein. Twaalf wedstryde word gespeel -  9 spanne wen, 1 eindig gelykop en twee verloor.

Die tellings is soos volg:

O/18A:            Wen 5-1                                 O/18B:            Wen 6-1

O/18C:            Wen 3-0                                 O/18D:            Wen 8-0

O/18E:            Verloor 1,0

O/16A:            Wen 3-0                                 O/16B:            Wen 41

O/16C:            Wen 1,0                                 O/16D:            Gelyk 0-0

O/16E             Verloor 1-0

O/14A:            Wen 7-0                                 O/14B:            Wen 2,1

 

HOKKIELIGAS

In 2017 skryf Oranje sestien spanne in die tien ligas in – o.a. twee spanne in elk van die 0/18A- en 0/16A-liga.

In 2016 tree ons in sewe van die nege ligas as wenner van die liga uit die stryd.

Die finale posisie van die onderskeie spanne in die ligas is soos volg:

 

1e liga:           OMS 1 eindig 1e      /           OMS 2 eindig 3e

2e liga:           OMS 3 eindig 1e

3e liga:           OMS 5 eindig 1e

0/16A:OMS A eindig 1e

0/16B:            OMS C eindig 1e

0/16C:            OMS D eindig 1e     /           OMS E eindig 5e     

0/14A:OMS A eindig 1e      /           OMS B eindig 5e

0/14B:            OMS C eindig 5e

 

VRYSTAATTROFEE

As ligawenners van die Motheostreek in 2016 speel die O/18A-, O/16A- en O/14A-hokkiespan op 26 en 27 Augustus in die toernooi om die Vrystaat Trofee teen die wenners van die ander streke. 

Die tellings is soos volg:

1e span:

Wen Witteberg 4-0

Wen St Dominic 8-0 – wedstryd word halftyd gestop.

Wen Sasolburg 12-0

 

O/16A 

Wen Voortrekker 9-0

Wen Goudveld 5-0 – wedstryd word vanweë ’n besering vroeër beëindig

Wen Sasolburg 1-0

 

O/14A

Wen Voortrekker 8-0

Wen Goudveld 6-1

Wen Sasolburg 4-0

Hiermee wen Oranje vir die tweede agtereenvolgende jaar die Vrystaat Trofee in die O/18A-

, O/16A- én O/14A-afdeling.

 

SA-RANGLYS

’n SA-ranglys vir die top 60-hokkieskole word weekliks op die webwerf van saschoolsports.co.za uitgegee.

Aan die einde van  2016 se seisoen  eindig Oranje vir die vierde agtereenvolgende jaar in die no. 1-posisie op dié ranglys. 

Volgens die ranglys van 14 Junie 2017 lê Oranje se eerste span in die eerste posisie, metOranje se tweede span in die 25e posisie.

 

SUID-VRYSTAATSPANNE

Die volgende 51 spelers word in 2017 in Suid-Vrystaatspanne ingesluit:

SVS O/18A

Mia Barnard                                      Mikayla Claassen               

Simoné Gouws                                Lizanne Jacobs                               

Olerato Kotwane                              Oratile Kotwane                  

Saré Laubscher                               Mandisa Maphisa   

Jacolene McLaren                           Danine Retief                      

Marli van Deventer                          Sonika van Heerden          

 

SVS O/18B

Robyn Allen                                      Francisce Crouse              

Carienke Jacobs                             Frances Louw                    

Esther Prinsloo                                Robyn Schutte

Elmarie van Quickelberge             

 

SVS O/18C

Megan Lindeque    

SVS 0/16A

Elnay Botha                                      Jané Britz                             

Mandie de Wet                                 Miné J van Rensburg        

Su-Mari J van Rensburg                Mikkela le Roux                  

Megan-Lee Myburgh                       Truné Prinsloo                                      

Amori Roos                          

 

SVS 0/16B

Roné Bresler                                   Inge Diffenthal                    

Kira Koegelenberg                          Bianca Terblanche             

Rachèl van Rijswijk                         Riané Victor                         

 

SVS O/16C

Lynmari Moore                                 Kenja Lessing                     

Kyla Oosthuizen                              Elbé van Pletzen                

 

VRYSTAAT O/14A

Irmarie Buys                                      Johanca Burger

Anika Horn                                        Anje Theron

Ané Oosthuizen

 

SVS O/14A

Miané Jacobs                                   Anika Robertse

Aleonor van Rjijswijk                       Cherique Feder

 

SVS O/14B

Sebiene le Roux                              Mia Olivier

Danielle Olivier       

 

SA SPANNE

Vier leerders word na afloop van die SA-toernooie in 2016 in die onderskeie SA-Skolespanne of –groepe ingesluit:

SA O/18A-span:                   Minke van Heerden                                                

 

SA O/18B-span:                   Mariné Kock

 

SA O/17A-span:                   Simoné Gouws                     Lizanne Jacobs

 

SA O/21-oefengroep:          Simoné Gouws                     Lizanne Jacobs