Beste graad 8 – ouers

Ons het gepoog om die handboekstelsel vanjaar meer gebruikersvriendelik te maak. Neem dus kennis van die volgende:

Gaan eers na die skool se webwerf. Kliek op “Handboeklyste 2018”. Gaan dan na die lys met die graad 8- gebruikersnaam en wagwoordlys. Indien u kind se naam nie op die lys verskyn nie, stuur asseblief ’n sms met u kind se naam, en van en graad na Karel by 072 564 1823.

Die harde kopieë van die handboeklyste is ingesluit. Maak seker daarvan dat u twee handboeklyste het. Die een is 247-boekhandel waar die harde kopieë bestel moet word en die ander is ITSI waar die e-boeke bestel moet word. Volg asseblief die instruksies onderaan die bladsye.

Die handboeklyste is ook op die webwerf op Microsoft Excel beskikbaar. U laai die handboeklys af en kliek op die oortjie (tabs) onder aan die bladsy.

Die harde kopieë wat u dogter moet aankoop, is op die laaste oortjie “247”. Volg asseblief die instruksies onderaan die bladsy.

Die e-boeke wat u dogter moet aankoop, sal dan onder die “ITSI-oortjie” (bv. ITSI 8 vir ’n graad 8-leerder) van haar graad wees. Volg hier ook asseblief die instruksies onderaan die bladsy.

U sal ook op die webwerf ’n brief kan aflaai waarin die minimum spesifikasies van u dogter se tablet is.

Indien daar egter enige onsekerheid is, skakel mev. D. van der Merwe by 082898 0815 of deirdrevdm20@gmail.com.

Oranje-groete.

Mev. A. Klink                                                                                                  Mej. D. Cloete
SKOOLHOOF  

 

Graad 8 Gebruikersnaam en Wagwoord 2019

Graad 8 Eboek aankope