Oranje se digklub vergader op Maande vanaf 14:00 tot 14:45 .

 

Wengedig – Seniors

ONS IS LAAT
Kom, kom gou!
Ons is laat , laat , laat.

Dit is al wat ek onthou…
Altyd haastig,altyd laat

Het ek haar maar net nog ‘n slag
Styf teen my gedruk.
Net nog ‘n slag…

Maar nou , vir altyd en altyd
Te laat,laat,laat.

Wengedig – Juniors

IMMERGROEN BOOM
Vier seisoene in my hart
so onstuimig en so verward

Vriend en vyand tog toe maar een,
my lande is droog sonder U reën.

Die is maar net word op papier,
Iets wat help om die droogte te verduur.

Here, hier staan ek onder die maan.
Gee U vaderhand, kom vee weg die traan.

Vier seisoene in my hart,
Selfs immergroen bome voel soms verward.