Con Spirito

Con Spirito is die trotse sanggroep van Oranje. Die sanggroep bestaan uit 20 dogters wat passievol is oor musiek en veral sang. Die naam Con Spirito, wat musiek met geesdrif beteken, word uitgeleef in elke musiekstuk en optrede. Die sanggroep is sedert 2011 onder leiding van Mnr Stefan Buys en bou in 2016 op die baie suksesvolle jaar wat in 2015 afgesluit is..

 

Bultfontein: Con Spirito toer na Bultfontein vir ‘n oefen naweek om die jaar mee te begin. Die naweek word afgesluit met ‘n optrede in Bultfontein se moedergemeente.

Valentynsdag en ander optredes: Con Spirito tree oudergewoonte weer by die manne van Grey op, en bekoor ook hierdie jaar die Engelse manne van St. Andrews.  Con Spirito tree as gaskunstenaars by die jaarlikse Ma-dogtertee op.

Affies Inter: Con Spirito tree op tydens die kultuuraand wat hierdie jaar vir die eerste keer plaasvind tussen Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria en Oranje. Hulle betower die gehoor met uitstekende sang en energie.

 Kunswedstryd: Drie stukke word ingeskryf vir die jaarlikse kunswedstryd.  A++ word vir al drie stukke toegeken. Met hierdie simbole seëvier Oranje as die beste vokale ensemble by hierdie geleentheid. 

Bloemhof interskole: Con Spirito tree tydens die Inter Kultuuroggend by Bloemhof op en is soos oudergewoonte weer een van die hoogtepunte.