Die Meisieskool Oranje het 'n uitstekende akademiese rekord.
Oranje is sedert die toekenning gemaak is onder die top 50 skole in die Vrystaat.
Die graad 12, Nasionale Senior Sertifikaat uitslae vir die afgelope 5 jaar lyk so:
| Graad 12 | 2006 | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 |
| Aantal kandidate | 98 | 118 | 148 | 117 | 128 |
| Slaagsyfer | 100% | 98,3% | 100% | 100% | 100% |
| Universiteitstoelating | 87,6% | 84,7% | 85,8% | 88% | 90,6% |
| A-gemiddeldes | 26 | 24 | 23 | 20 | 23 |
| Vakonderskeidings | 117 | 126 | 289 | 224 | 258 |
Leerders wat in die verlede die top akademiese verering van die Departement van Onderwys ontvang het, is:
- 2010 - Samantha Lötter, Cecile Dixon, Chrismari Prinsloo.
- 2009 - Danielle Malherbe, Bianca Mangalie, Chantal Carroll, Alri van Schalkwyk.
- 2008 - Rolien Labuschagné.
- 2007 - Wilmarie Böning, Bernadette du Toit, Narette Botha.
- 2006 - Rozanne van Deventer, Anél Steyn.
2010
- Samantha Lötter is Oranje se topkandidaat met 'n gemiddelde persentasie van 90%. Sy, Cecile en Chrismari behaal elk agt onderskeidings.
- Afrikaans Huistaal presteer die beste in die Vrystaat.
- Engels Eerste Addisionele Taal behaal die eerste plek in die Vrystaat.
25 000 kandidate skryf Engels. Daar is slegs 168 onderskeidings in die Vrystaat. Oranje behaal 14.
- Lewensoriƫntering behaal die tweede plek in die Vrystaat.
Oranje word in 2009 deur die "Sunday Times" benoem as een van Suid-Afrika se top 100 staatskole op grond van 2008 se uitstekende matriekuitslae.
| |
|
|
|
Uitnaweek
26-02 Mei |
| |
|
Reünie kerkdiens
15 April, 08:00 |
Ma-en-dogtertee
13 April, 14:00 |
|
|
|
|
Die Meisieskool Oranje is 'n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om
Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.
|
|
|
|
|
|
|