Pre-Primêre Skool Primêre Skool Sekondêre Skool
Die Meisieskool Oranje is 'n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi..

Ps 16:6 – "Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi"

Oranje is...
Oranje is nie net 'n skool nie. Sy's nie net nog 'n instelling nie. Oranje is nie net 'n droom nie. Sy's nie net die naam op jou matrieksertifikaat of getuigskrif nie.

Oranje is 'n familie. Sy is 'n droom wat waar geword het. Sy is mense wat jy liefkry en 'n naam wat jy met trots sê. Oranje is legendaries, misterieus en enig in haar soort. Sy het tradisies wat deur die geslagte bewaar word. Oranje het 'n onsterflike passie vir kinders wat vrouens word, wat dames word en as jy hulle kans gee – heldinne word. Ma's van 'n nasie vir die hele Suid-Afrika!

Die leerders is ook anders, want elkeen is uniek, kosbaar en 'n besondere kleinood!
 
Geluk aan die Primêre Skool Eerste plek wenners Nasionale Skoolkoerantkompetisie vir laerskole.

Vrystaat Senior Swemkampioenskap
Oranje maak skoonskip!
  • Jolandi Els
    Junior Victrix Ludorum
  • Johané du Plessis Senior Victrix Ludorum
Suid-Vrystaat Hokkie 0.13 A-span


Preprimêr Skool    |    Primêre Skool    |    Sekondêre Skool

Designed & developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2011. All rights reserved.